Friday 30 October 2009

Opvolg op 23 in die laataand

Hier is episode twee...
Saterdagoggend, 4 April 2009


Ag julle, as ek myself gisteraand jammer gekry het, is ek bitter na aan hartstogtelik in trane uitbars vandag. Die toilet is nog nie reg nie. Eers jaag ek vanoggend dorp toe, want ek wil self #2 en kan mos nou nie in my fragile toilet nie. Gelukkig het hulle nice loo's in die Woollies centre.

Nouja, toe is dit ek en plungers. Kry oral sulke dinky toys, en die LAASTE shop wat ek ingaan kry ek toe 'n grote. Ook op die heel laaste bleddie rak in die winkel. Nou stel julle voor, ek moerig, min slaap, kannie op my eie toilet sit nie (is julle mage ook so vol crap, pun intended, as dit by vreemde toilets kom?), voete moeg, kop seer, kry nie wat ek soek nie. Sal die girlie agter die till nie vir my se Have A Nice Day! nie.


@)*#($ $&#*(@(*$#& !!!


Ek het maar eerder bek gehou en geloop. Siestog arme kind weet ok mos nou nie van my treurmares nie. Terug huis toe, met plunger en drain cleaner gewapen, plus tablette wat boomwortels doodmaak in die drainsystem, virrie wis ennie onwis. Laat daar nie gesê worre ek cover nie my bas ... e .. basIS nie.


Plunge dat die water spat, toe onthou ek jy moet eers die water uitskep. Skep, skep, skep. Nou dit is nie meer bruin water nie, maar dit stink ten hoge hemele. Ek klink soos 'n kat met 'n hairball soos my magie ruk. Lyk ook seker soos een van ou Osama se aanhangsels met al die lappe om my kop gedraa om die fumes uit te hou. Plunge weer, klink of iets gorrel in die pyp, en wil net bly word. Spoel.... selle ou storie.


Jis maar my moer strip. Klim oppie pc en soek loodgieters. Wil julle glo, hier is VIER van hulle op hierdie klein eilandjie, en nie EEN is beskikbaar nie. Hulle antwoord nie eens hulle fone nie, net masjiene. Ek laat toe boodskappe, en wag, en wag, en wag. Nouja toe wil ek alweer loo. Toe gly my moer (daar is niks meer oor om te strip nie) en ek klim in die kar. Weer sentrum toe, hulle toilets is skoner as die op die strand. Toe Mitre 10 toe. Ek het die oggend daar 'n mcgavter gesien waarvan ek gisteraand op die web gelees het. So 'n spring'kie voor aan 'n lang kabel, 30 voet lank. Dan voer jy dit in die gat af en as dit by die blokkasie kom, rotate jy dit net. $35 later kom ek toe by die huis, waar my seuns nog boggerol chores gedoen het. Jis maar ek is 'n mislike ma. Haal my mood op hulle uit, veral PJ, Dawid het verskoning van eksamen. Nou of hy swot of voor sy pc sit, weet ek nie. Hy is hoeka self in die 23 want hy het vir sy girlfriend in NZ boeke uitgeneem op sy naam, toe gee sy een nie in nie en gister toe kry ek 'n brief van die bib in NZ wat se ek moet $53 betaal vir dit.


Maar ek dwaal af. Ek trek toe maar weer handskoene aan, dank vader vir die boks wear-once plastiekes in die kas, en takel die blokkasie. Sê eers vir PJ kook vir my water, menende in die pot. Hy verstaan toe in die ketel, en is buierig oor ek hom van die Xbox verjaag het, stamp my (glas) ketel teen die kraan... in stukke. Onvervangbaar, het dit in NZ gekoop destyds teen 70% discount. Toe haal ek maar my moerigheid uit op die verstopsels. Omtrent vyf voet se kabel, eerste blokkasie. Ek woer woer daai draadjie en voer die kabel verder. Nog drie blokkasies, laaste een so op 25 voet in die pyp af.


Nou spoel die ding, ek het amper my plumbers-licence, maar ten koste van my maag se one-way klep en slukvermoë. Ek leef op vloeistowwe want ek is te bang om iets te eet. Nou gaan ek die loo weer spoel, en hoop vir die beste, en 'n nanna-nap vat. Het dit nodig. Dit en 'n kopseerpil.


Enjoy your day! NOGAL!!!

ps... net om te sê, dit het ook nie gewerk nie. Alle dank aan die een loodgieter wat ek toe in die hande gekry het, en Maandagoggend net na agt, $108 later, toe is my toilet weer hunky dory. O die wonderlike lewe van 'n grasweduwee.

1 comment: