Friday 30 October 2009

23 in die laataand

So bietjie ou nuus

Ek is vanaand lus vir skryf, seker weer al die ou verlanges wat oopgekrap is. Maar eers wil ek stories publiseer wat ek in April geskryf het, na een partikulere woeste naweek... maar lees maar hoekom dit so erg was...


Scene: Vrydag aand, 3 April 2009


Ag julle, ek kry myself so jammer. Ek het sopas 'n groot 23-spul gehad. (dis nou kode vir k..k - as jy die letters tel, is dit 11 + 1 + 11 = 23) Sien, net toe ek wil gaan slaap, toe sê PJ vir my "Ma die toilet loop amper oor." Dis nou NADAT hy ge-23 het.


Dis Vrydagaand. Dis elfuur in die nag. My man is op 'n skip in 'n ander land. Enigste vriend wat ons hier naby het, bly 30km ver en ek weet nie of hy sou geweet het wat om te doen nie. My hulpvaardige, bejaarde buurman gaan slaap al 7 uur in die aande. Dis stikdonker by sy huis. Ek het nie 'n plunger nie. Ek het nie 'n draadhanger nie. Ek het nie 'n freakin CLUE nie!


Ek kom klim toe op google en search vir unblocking toilets without a plunger. Hulle sê toe draai 'n dreadlock-mop in sakke toe en gebruik vir 'n plunger. Ek het net 'n vierkantige mop met 'n sponsie aan en 'n steam mop. Ek dog toe DIT gaan nie werk nie. Lees verder vir oom Google.


Hulle sê toe draai baie supermarksakke om jou toiletborsel en plunge daarmee, asook gebruik kookwater ens. Ek kookwater toe eers, en plunge daarna met die toiletborselsakke. Dog dit gaan werk maar toe laat die kookwater die borsel buig, en die sakke neek af. Nou weet julle hoe ruik gekookte 23???


En ek het hoeka glad nie 'n sterk magie nie. Dawid (bless him) hol en gryp my naaste (nogal wit) bloes en kom draai dit om my kop, want my hande is vol - en my maag ruk en ruk. Anyway, dit werk toe nie. Die plunging, bedoel ek.

Ek hol buitentoe want as ek nog boonop uela kan ek dit mos nie in die verstopte toilet doen nie! En ons kleine huisie het net EEN toilet. Die vars lug het my goed gedoen, genadiglik reen dit nie op die oomblik nie. Toe dink ek mos ..... Swembadsuur! Dit vreet enige iets. Gooi toe die stink goed in, maar moet hol vir die fumes. Na 10 minute toe waag ek dit terug. Niks gehelp nie.


Ek dink toe aan Domestos, maar is te bang om dit in te gooi na die acid. Spoel toe maar versigtig 'n halwe spoel, net dat dit stadig deurloop en die acid verdun. Gooi toe Domestos in, los 'n ruk en spoel weer... En sowaar.... Iewers tussen die kookwater, acid, plunge en Domestos het iets gewerk.


Nou gaan ek lekker bad en slaap en more is ek hopelik orraait... dis nou as ek nie intussen cholera of tifus opgedoen het nie.

No comments:

Post a Comment