Monday 22 December 2008

Moeg???


Ek dink ek het 'n nuwe definisie vir die woord MOEG. Ek was laas in SA net voor die trek hiernatoe in 'n toestand enigsins naby aan wat ek nou voel. En toe het dit nie eens huis skoonmaak ingesluit nie, het mos al heelwat vroeer daar huis opgegee.




Hier gebruik PJ vir oulaas gou Ma se Stoel voor dit ook toegedraai word.

Maar laat ek eers vertel van die container pak. Met groot afwagting word ons wakker Maandag oggend, 15 Desember. Jislaaik, is dit al 'n week terug? Ek verloor ernstig tyd. Maar toe ek die deur oopmaak, staan daar een ou en wag. EEN! Daar gaan my drome van sommer gou-gou pak en inlaai dieselfde dag. O, hulle Krismis partytjie was die vorige dag en nou is hulle so bietjie short-staffed! No shyte! Is dit nou my probleem? Ek sou self pak, maar hulle verseker niks wat jy self inpak nie. So daar sit ek toe en kook van binne terwyl ek toesig hou, want ek sien hier kom 'n hele week. Mensdom, groot was my verbasing. Daai ou is sekerlik beide Superman en Flash Gordon se nefie. Teen die einde van Maandag toe is driekwart van my huisraad (die helfte wat ek saamvat) en meubels ge-wrap dat jy net bubbles en wit papier sien. Ek was te bang om te lank stil te staan op een plek, vir ingeval ek ook toegedraai word. Miskien moes ek maar die seuns en BellaDonna so oorgestuur het, baaaiiieee goedkoper, :)


Ewenwel, Saterdag toe hou ons garage sale. Darem so $150 gemaak, en as jy die geldjie wat ons op Trademe gekry het vir die res van die goed wat stuurbaar is, is dit heelwat. Ek is verbaas oor die pryse wat ons vir die grassnyer en draaibanke gekry het. Ek is eintlik bietjie hartseer oor my draaibankie, maar Doeane gee mens te veel crap oor tools, veral as dit met houtwerke te doen het. Sal maar eendag weer vir my enetjie kry, dan 'n nuwe. Daar is hoeka 'n ou wat lesse gee oor houtdraai op Bribie Island, my kennis dusver kom maar van boeke en die internet. En baie trial en error en seer vingers!

Nouja gister toe begin die GROOT skoonmaak. Ons het omtrent geskrop, en die helfte van die huis skitterblink, mure, kaste, vensters de lot. Ek hoop net van harte my beurt van "crying windows" is op 'n einde. Vir julle in SA, dis nou as die kondensasie so teen die vensters afstroom in die winter. Omdat die humiditeit hier so hoog is al is dit winter, is al jou vensters binne altyd sopnat, en met die gevolg dit muf baie maklik in die gleufies van die staalraam vensters. Ek maag gewoonlik net na die winter skoon, maar wou nie twee keer so kort na mekaar nie toe los ek vir die trek. My neus trek al op 'n knop van al gister se bleach. Dankie Vader vir Bamm se bathroom cleaner, werk soos 'n bom. Hopelik het Aus nie crying windows nie.

Maar ek het 'n paar nuwe pet hates. Bo-aan die lys is beslis horizontal blinds. Veral as dit van hout is. Nasty dust collectors, al wat dit is.

Ag ja, laat ek verder gaan speel met my seepborrels... ek se net dankie tog vir my Seza... dis nou my steam cleanertjie. Daai dingetjie was nou al sy (haar?) geld dubbel en dwars werd. Soveel so dat ek dit beslis nie hier los nie. Ek betaal liewer daai $10 per kg ekstra gewig wat ek oor 20kg gaan, maar saam gaan sy saam.

As julle nou vrygewig voel en vir my 'n ou krismispersentjie wil stuur, gaan sit en maak jou oge toe, visualiseer my en stuur so bietjie energie oor die see in my rigting. Dis AL wat ek vir krismis wil he.... krag. Ek dink vir die eerste paar daggies in Aus gaan ek omslaap.

Ek sal nou seker eers weer post as ons daar is, ons vlieg mos so op Kersdag... die kaartjies was helfte goedkoper as die dag voor of na dit, en ek wou darem 'n stukkie van Kersdag by Dawid wees, hy bly mos eers vir 3 weke by die meisie.

So julle moet lekker Kersfees hou, dink aan ons, dan is ons ook daar by julle. Ons sal dieselfde doen, dis nou as ons wakker genoeg is en genoeg energie oorhet vir bewustelike gedagtes.

Arriewarrie, sien julle in die Wonderlike land van Oz!

Saturday 13 December 2008

Trek traumas





















As promised I decided to do this one for my English buds. That is if I can get my moving-muddled-grey matter to co-operate. Funny how even 7 years in a totally English environment cannot cure you from being plein plat Afrikaans when fatique or temper sets in.

I have the afternoon "off". Flip and da boyz went fishing, to "test the boat" before selling it. Poor thing, he worked his hiny off to get it just right, only to have one afternoon fishing trip on it. It is too old and too much hassle to take it with. With any luck we will break even moneywise, otherwise this will be one very expensive fishing trip!

It is 36 hours before the packers arrive, and I don't feel nearly ready. I want to clean my matress, I need to defrost the big fridge, the knowledge that for the last 9 days here I will be without a washing machine and tumble drier causes panicky thoughts. Yes, dear people, the darling weather decided to remind me up to the last minute of why we are doing this thing, yet again. It is 13 December, let wel, supposed to be SUMMER, and I am going to close all windows and doors soon, my feet are turning cold. It did not rain today, vir 'n wonder, but according to my 3-day rain forecast site on Tuesday, when they take the boxes out of my house to the container parked in the street, it will be pouring - from 7am to 1pm!

I still have lots to do, so hopefully I will have time to update the blog again after they load the container. Please think of us with happy thoughts, maybe it will help :)

.

Sunday 23 November 2008

Sondag Shopping Stories


Ek moet julle eers vertel... Ek is al vroeg wakker ten spyte van die min slaap, en sit en wag vir Ouboeta om op Skype te klim, maar niks. Sit so lekker en surf oppie net dat ek vergeet om PJ te herinner van werk toe ry, toe moes ek vinnig spring om hom weg te vat.

Ek dog toe, ek IS nou in die dorp, laat ek gou shopping doen want die melk en brood en kaas is op. En met die uitklimslag haak my dun katoenbloesie en GRRRTTSSS skeur die linker-naat mooi oop tot onderkant my ondergoedjies.

Toe sit ek nou met hierdie conondrum... ry ek huistoe en trek iets anders aan en ry WEER al die pad in winkels toe, of koop ek gou 'n ander bloes (wat ek nie nodig het nie) met geld wat ek nie het nie?

Maar wat, boerin maak 'n plan. Ek vat mooitjies die pante bymekaar, druk my handsakkie onder my linker-arm in om alles bymekaar te hou en knyp verwoed vas dat niks uitsteek nie, want die wind waai kwaai. Voel half snaaks want AS ek nog 'n handsak dra (haat die goed) en AS ek dit onder my arm vasknyp (mos nie nodig in hierdie land nie), dan doen ek dit onder my regterarm, so alles voel half vreemd.

Nou moet julle sien, ek het mos nou nie gedink aan trollie stoot met een arm nie, synde dat linker arm nou andersins ge-utiliseer is. En al wat 'n bleddie skepsel is sal mos nou in Pak-n-Save wees vandag! Maar wat, ek hanteer alles mooi ten spyte van die swaar verkeer en onnosel mense wat nie weet van hou links nie of familie-vergadering hou in die rye dat mens nie kan verbykom nie, verskuif net so af en toe die handsakkie as dit voel of hy uitglip.

Ek koop net die nodigste, wat ongelukkig (tipies) nie bymekaar is nie maar wyd versprei oor die hele winkel. Maar toe kom dit by uitpak vir betaalslag, en mens het mos twee arms nodig!

Ek vat maar die pantjies mooi saam en druk dit by my langbroek in, en laai uit so vinnig ek kan. Gelukkig pak die Till-Trixie dit weer in die waentjie - dis hoe dit werk hier. Hulle gee nie sakke nie, maar sit alles in 'n leë trollie langs die till en dan stoot jy weer jou uitgepakte trollie daar en vat die vol een as jy loop. Dan pak jy dit self in sakke wat jy of saambring, of koop, of leë kartonbokse wat jy wegraap voor die volgende ou.

Alles werk mooi, maar ai, buite gekom het die sterk wind wat die weer-lieger voorspel het, opgesteek. Nouja. Manoewer nou 'n vollerige trollie met een arm in die wind, in 'n oorvol parkeerarea en karre wat toustaan vir 'n enkele plekkie wat dalk oopgaan, en jy verdien jou trollie-laaisins op die plek. Genadiglik is dit 'n NZ trollie, nie een van daai nagmerrie goed waaraan ek sal moet gewoond raak in Australia nie, kyk, DIT sou onmoontlik gewees het met net een arm. Ons het mos Oktober met die vakansie 'n voorsmakie gehad, het altyd gedog die SA-Aussies vergroot so effens met hulle baie klagtes oor die Aus-trollies wat so hier-daar-oral hol met hulle vier los wiele. Skies julle.

Nouja, ek het dit darem huistoe gemaak sonder om ou omies te verlei en ou tantes apopleksie van skok te gee met my onkuisheid. Nou wonder ek net waar het ek die naaimasjien ingepak... dalk moet ek maar die ou bloesie demote na skroplap, maar ek lief hom so, hy is so lekker lig vir die warm weer wat gaan kom in Aus. Die lap is bietjie dunnerig, netnou brand Seza my weer ... sal maar was en inpak vir eendag se regmaak daar anderkant.

Dink net, julle, oor 5 weke is ek in Australia!

*****

Wednesday 19 November 2008

Genius comes at a price!


Dis nou wat jongste MiniMe netnou vir my sê, net na ek my middelvinger gebrand het, hier onder by die basis reg waar hy teen wysvinger skuur. Klein hel. Gee hom sommer 'n klap op sy gat, maar dit kan jy ook nie meer nie, want dis kindermishan-deling. Yeah right, dan is ek seker ernstig mishandel (apologie aan my dierbare ouers wat aan praktiese kindersielkunde geglo het), maar nouja dit het my niks skade gedoen nie, eerder goed. Was ok maar 'n cheeky klein blogsempie, dis seker waar Dawid dit vandaan kry.


Hoe het ek gebrand... ek kom daarby. Sien, die loemende Groot Trek het my skielik laat besef ek moet skoonmaak ook, elke hoekie en draaitjie. Toe koop ek vir my op Trademe 'n lekker Pullman steam jet masjientjie. Man hy werk lekker. Te goed eintlik. As mens te lank op een plek stoom haal hy sommer die verf of kleur van die muurpapier ook af. En toe word die nozzletjie vuil en ek veeg hom so ingedagte met die lappie in my linkerhand, ja daai ene met die gat in wat ek eintlik al wou wegsmyt maar nou handig inkom. Die gat, dis nou waar die popo die fen strike, sien. Want toe die vuurwarm (stoom, onthou) nozzletjie by die gat kom, wat mooi met my sensitiewe vingertjie opline, toe dink ek woorde wat ek nie veronderstel is om te ken nie.

My lus vir skoonmaak is sommer geblus. Maar daar is geen genade vir arm mense en immigrante nie en ek moet aangaan want Seza is doer ver in Donker Afrika.

Of is ek nou 'n emigrant - het al so baie getrek ek weet ook nie meer of ek kom of gaan nie.

Saturday 15 November 2008




Sê my,
Is daar iewers dalk 'n land van rus en
Sê my,
Is daar vêr 'n vreemde kus
Waar die swerwer eindelik rus?
En as daar is
Neem my saam, neem my saam
Wie weet, iewers is daar dalk 'n land van rus en
Wie weet
(Koos du Plessis)


Ek leen ernstig by beide ou Koos Rasperstem en medeblogger http://pitkos.blogspot.com/ wat dit eerste gebruik het. Maar jissie, dis so gepas in ons geval. Ek en LM (Liewe Man) het van die begin af wanderlust gehad... Secunda, Phalaborwa, Richards Baai, toe NZ, eers Doubtless Bay en Kaitaia en die laaste 3 jaar Auckland. En hier gaat ons alweer...

Maar ek dink ons rus is hier. Minder as 'n uur in Brisbane met ons Oktober vakansie, het ons besef ons is tuis. Uit-bleddie-eindelik. Net jammer ons moes terugkom om te sort en weg te smyt en te pak.

Dis waar ons nou sit. Hurry up and wait. Ons wag vir die pakkers om die container te pak, en dit gaan nie gebeur voor middel Desember nie, want jongste MM (Mere Male of Mini Me, afhangend van sy graad van domgeit op daai oomblik) moet eers klaar skoolgaan, sien.

En ek en Wag was nog nooit maatjies nie. Ongeduldig het niks teen my nie. Sien, my ou Moeks het altyd gesê sy sal dit of dat NIE DULD NIE, en dis net waar ek met my negatiewe konnotasie met die basiswoord geweier het om in die ry te staan vir dit.

Nog 'n probleempie is dat ek nie altyd mooi luister nie. En dan wonder ek waar kry my MM's dit?

Okay, voor ek julle verveel, lang storie kort. Na sewe blisvolle jare in New Zealand is ons op pad na die Wonderlike Land van Oz. Gedog die keer sal ek dit vir die nageslag neerpen, anders verloor ek dalkies weer al my notas soos met die groot trek hierheen. &#@%& tegnologie is nie dependable nie, een crash en WOOSH als is weg.

Ek dwaal alweer af. Anyway, kan nie wag vir Krismis die jaar nie. Nie oor hy so wonderlik gaan wees nie, maar ons vlieg die dag daarna.

KRISMIS KOM NOU!